Feet of Clay | Wings of Light

Information:

13 December 2007 - 30 January 2008
5+5 Gallery in New York City is proud to present a special collaboration between South African artists Christiaan Diedericks & Dianne Heesom-Green. An exhibition of sculptures, art objects and works on paper.

 

Newspaper article:

DIE BURGER

Freud kry só vlerke
Temas van seksualiteit in werke oor engele ondersoek

deur Leatitia Pople

'n Unieke samewerking tussen die Suid-Afrikaanse kunstenaar Chris Diedericks en die pottebakker Dianne Heesom-Greene is tot einde Januarie in die galery 5+5 in New York te sien.

Hierdie tentoonstelling, Wings of Light / Feet of Clay, bestaan uit manlike en vroulike engele. Sommige is dubbelslagtig en is boodskappers van 'n ander tipe seksualiteit. Die gevlerktes is in verskillend posisies gemodelleer. Van hulle is knielend asof biddend ineengetrek, en ander lyk of hulle na die hemel opvaar.

Gallery opening 1

Diedericks was vanjaar die kurator van die tentoonstelling Flesh op die KKNK. Hy fokus in sy kuns op vraagstukke rakende geslag, seksualiteit en manlikheid. "Dit is veral die homoseksuele man en manlikhed wat my fassineer. Ons samelewing is steeds te verkramp om wyer te dink oor seksualtiet en om aanvaarde norme te bevraagteken."

Hy meen kuns kan mense uit hul gemaksones lig. "Hopelik kan hulle dan 'n oomblik vlieg – op metaforiese wyse dan."

Op Diedericks se voorarm is die woorde "Angel wisdom" getatoëer. "Ek vind dit vreeslik dat ons aardgebonde is, ek wil ook kan vlieg."

Gallery opening 2

Heesom-Green meen hierdie kunssamewerking was baie opwindend. " 'n Finale kunswerk kan dikwels doods wees." Sy verwys na die kunsgeskiedenis, waarin die suksesvolle werke nie altyd "duidelike antwoorde bied nie, maar gelaai is met konflikterende betekenisse". die finale kunswerk word dan 'n visuele teks en kan in verskilledne kontekste gelees word.

Sy meen ook die beelde poog om skertsend die kollig te werp op die mensdom se voortgesette bemoeienis met vraagstukke rakende seksualiteit.

Begrippe uit die Freudiaanse sielkunde soos penisafguns en die Oedipus- en Elektra-kompleks het as inspirasie vir van die stukke gedien. "Ek hoop ons kan kykers op 'n nuwe manier na seksualiteit laat kyk."

Diedericks meen Heesom-Green het 'n "vroulike stem aan die werk gegee". Sy gunstelling werke is dié waarin hy en Heesom-Green se identiteit "saamwerk en gemaklik 'sit' in die beeld".

Gallery opening 3

Heesom-Green woon en werk deesdae op Paternoster. Sy was 'n opgeleide beeldhouer voordat sy pottebakker geword het.

"Al het een van ons meer aan 'n spesifieke werk gewerk, was dit in die konsep waar die werklike sinergie na vore gekom het. Dit was later nie meer belangrik wie wat doen nie. Ek dink die proses het ons albei nederig gemaak. Dianne het begin teken en ek het in allerlei pottebakkersmedia gewerk."

Diedericks werk reeds aan 'n nuwe projek, The Embedded Form Project. Sy fokus is 'n man wat deur plastiese snykunde borste gekry het. Die proses word met foto's gedokumenteer en die man se liggaan word self die "doek". Die werke sal van maart in die Focus Contemporary In Langstraat, Kaapstad, te sien wees.

Article published in Die Burger, an Afrikaans newspaper. Uploaded 07 Februarie 2008.
www.dieburger.com